Rodrick Titus
Mon, 27 Jul 2026
SELFVERDEDIGING SENTRAAL TOT BORGTOGVERHOOR IN NAGKLUBMOORDSAAK
Die verdediging voer aan dat die beskuldigde in die Kimberley-nagklubmoordsaak uit selfverdediging opgetree het. Dit vorm die kern van die borgtogaansoek wat tans voor die hof dien. Die staat hou egter vol dat daar geen uitsonderlike omstandighede bestaan wat die beskuldigde se vrylating op borgtog regverdig nie.