Loading...

NewsDesk

NewsDesk

DA bekommerd oor kinder seksuele misdaad in Noord-Kaap

Community
Rodrick Titus
Tue, 14 Jul 2026

DA bekommerd oor kinder seksuele misdaad in Noord-Kaap

Die DA vra vir ’n dringende gesprek tussen staatsdepartemente oor moontlike tekortkominge in die Vorm 22-stelsel wat seksuele misdade teen kinders moet rapporteer.

Die party sê honderde gevalle van kindermishandeling is aangemeld, maar te min sake bereik die hof. Hulle vra vir beter samewerking tussen gesondheid, maatskaplike ontwikkeling, onderwys en wetstoepassing om kinders beter te beskerm en oortreders aanspreeklik te hou.