klagte ingedien
Die Demokratiese Alliansie het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor 'n langdurige rioolprobleem wat inwoners van Montana in De Aar raak.
Volgens die DA het die Emthanjeni-munisipaliteit herhaaldelik versuim om 'n permanente oplossing vir die probleem te vind. Die verstopping van 'n rioolpyp in Appelstraat veroorsaak dat rou riool by huise terugvloei, wat inwoners se gesondheid en veiligheid bedreig.
Die DA sĂȘ sommige inwoners leef al sowat 18 maande met die probleem en doen 'n beroep op die munisipaliteit om dringend op te tree en 'n blywende oplossing te implementeer.