Rodrick Titus
Tue, 07 Jul 2026
Vurkhyseroperateur sterf in werksplekongeluk
'n 27-jarige vurkhyseroperateur is Maandagoggend in 'n noodlottige werksplekongeluk by Oryx Crushers in postmasburg dood. Die voorval het omstreeks 07:30 plaasgevind. Nooddienste het die man op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.