Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Ubuntu-burgemeester verskyn in hof op finansiële aanklagte

Community
Rodrick Titus
Tue, 07 Jul 2026

Ubuntu-burgemeester verskyn in hof op finansiële aanklagte

Die burgemeester van die Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit, Cheryl Jantjies , het in die landdroshof op Richmond verskyn op aanklagte ingevolge die Pensioenfondswet en die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Sy word daarvan beskuldig dat pensioenbydraes van munisipale werknemers nie betyds aan die pensioenfonds oorbetaal is nie, wat tot skuld en rente gelei het. Jantjies is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 20 Augustus uitgestel.