Rodrick Titus
Tue, 07 Jul 2026
Openbare Dienskommissie hou gemeenskapsvergaderings in Renosterberg
Die Openbare Dienskommissie sal op 9 Julie vanjaar gemeenskapsvergaderings in Philipstown, Petrusville en Vanderkloof aanbied.
Die doel is om terugvoer oor dienslewering te gee en inwoners die geleentheid te bied om vrae oor gesondheidsdienste en ander uitdagings aan regeringsamptenare te stel.
Verteenwoordigers van die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid sal die byeenkomste bywoon om inwoners se bekommernisse aan te hoor.