Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Kennisgewing van Kragonderbreking in Rosedale

Community
Rodrick Titus
Thu, 12 Mar 2026

Kennisgewing van Kragonderbreking in Rosedale

Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het inwoners van die Rosedale-area in kennis gestel van ’n beplande kragonderbreking wat more oggend vanaf 08t uur die oggend tot 5 uur die middag weens noodsaaklike herstelwerk gaan plaasvind.

Die volgende strate sal geraak word: Drakensberg-, Olyfberg-, Platberg-, Rooiberg-, Seinheuwel-, Tandjiesberg-, Wapadberg-, Wolkberg-, Vuurberg-, Witberg-, Uilsberg- en Neusbergstraat.

Die munisipaliteit waarsku inwoners om alle kragpunte as stroomdraend te beskou, aangesien krag moontlik voor die geskeduleerde tyd herstel kan word. Hulle vra omverskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.