Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Kritiese watersituasie in Port Nolloth

Community
Rodrick Titus
Thu, 12 Mar 2026

Kritiese watersituasie in Port Nolloth

Die Richtersveld Munisipaliteit waarsku inwoners van Port Nolloth oor die krities lae dam- en reservoirvlakke in die dorp. Die jongste hittegolf het gelei tot ’n aansienlike toename in waterverbruik, wat beteken dat die huidige watervoorsiening nie vinnig genoeg kan herstel nie.

Volgens die munisipaliteit ervaar sommige areas in die dorp tans baie lae of geen waterdruk. Alle beskikbare reservoirs – insluitend die 8 Mile-, Muisvlak- en McDougallsbaai-reservoirs – is oop en voorsien water, maar die stelsel bly onder groot druk weens die hoë vraag.

Die munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners om water spaarsaam te gebruik om ’n ernstige waterkrisis te voorkom.