Rodrick Titus
Thu, 12 Mar 2026
KURUMAN-VROU BREEK grense IN NOORD-KAAPSE MOTORHERSTELBEDRYF
Kelebogile Mothelesi breek grense in die man-gedomineerde motorbedryf. Van ’n eenpersoon-bedryf tydens Covid-19 het haar onderneming in Kuruman gegroei tot ’n werkswinkel wat nou ses mense in diens het, en meer as 300 voertuie is reeds daar gediens. Sy beoog nou om die werkswinkel uit te brei en meer vaardigheids- en werksgeleenthede vir jong mense in die Noord-Kaap te skep.