Rodrick Titus
Tue, 10 Mar 2026
KENNISGEWING ONTVANG UIT NIEUWOUDTVILLE
Niewoudtville, Noord-Kaap – Reisigers wat na en van die Kaap reis, word gewaarsku oor padwerke wat Woensdag weer bo Vanrhynspas by Niewoudtville begin en tot by Calvinia strek.
Die padwerke sal elke dag van 8:00 tot 17:00, Maandae tot Saterdae, voortgaan en behels stop/go-punte wat tot 15 minute kan duur. Daar sal geen verkeersbeheer saans of op Sondae wees nie.
Die werke word beraam om ongeveer drie weke aan te hou, en reisigers word versoek om geduld te hê en ekstra reistyd in te bereken.