Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Parlementêre Komitee oor Minerale en Petroleumhulpbronne besoek Kimberley

Community
Rodrick Titus
Tue, 10 Mar 2026

Parlementêre Komitee oor Minerale en Petroleumhulpbronne besoek Kimberley

Lede van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleumhulpbronne het gister Kimberley in die Noord-Kaap besoek.

Hul besoek volg op die berging van die liggaam van een van die vyf vasgevangde werkers by die Ekapa Minerals-myn op Maandag.

Die families van die vier ander mynarbeiders hoop dat die liggame van hul geliefdes binnekort geberg sal word.

Die mynarbeiders is vasgevang ná ’n modderstroom-voorval by die diamantmyn amper drie weke gelede.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het bevestig dat ’n ondersoekdossier oopgemaak is.