program geloods vir afvalbeheer
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het ’n afvalkarakteriseringsprogram by die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se stortingsterrein uitgevoer om die hoeveelheid en samestelling van huishoudelike afval te bepaal.
Die projek, wat deel vorm van die EPWP Jeug-Gegradueerde Program, het bevind dat geen gevaarlike afval by die stortingsterrein voorkom nie. Die meeste afval is egter gemeng en besoedel, wat die herwinningspotensiaal verminder.
Die program moedig daarom gemeenskappe aan om afval by die bron te skei, om herwinning te verbeter en volhoubare afvalbestuur te bevorder.