DA roep op vir SANW om verwaarloosde militêre behuising in Postmasburg aan te spreek
Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) om dringend aandag te gee aan verwaarloosde militêre behuising in Postmasburg, bykans ‘n jaar na ‘n brand in ‘n onveilige weermagwoning wat ‘n ma en haar dogter se lewens geëis het.
‘n Oorsigtelike inspeksie van militêre huise in die buurt van Postdene het bevestig dat die SANW nog nie die tydelike trailerpark huise afgebreek het nie, wat meer as ‘n dekade gelede onbewoonbaar verklaar is. Die DA sê in'n verklaring twee van hierdie huise het verlede jaar in die brand gesteek, klaarblyklik weens elektriese foute. Die eerste brand het ‘n onbewoonde parkhuis vernietig, terwyl die tweede die lewens van die vrou en dogter van ‘n sergeant, wat by die Lohatla militêre oefenterrein buite Postmasburg gestasioneer was, geëis het.
Hy sê die SANW het ook niks gedoen om sy vervalle baksteenhuise, wat steeds bewoond word, te onderhou en te beveilig nie. Die leë baksteenhuise word geskeur en geplunder, met gebroke vensters, deurslaande diefstalstawe, missende plafonne, en uitgeplunderde kasdeure en krane. Bewoners is bang om hul huise te verlaat uit vrees dat hulle deur bedelaars en dwelmmisbruikers, wat die leë huise gebruik, geplunder sal word.
Die SANW, wat eiendomme van die Departement van Openbare Werke huur, het voorheen instandhouding gedoen en gereelde inspeksies van sy Postmasburg-eiendomme uitgevoer, maar het oor die jare stilweg die verantwoordelikheid afgestaan, wat die verergering van die stad se verval veroorsaak het.