Kraandroogte vir Kimberley aangekondig

Inwoners van die Noordkaapse Hoofstad Kimberley moet regmaak vir nog 'n droogte na 'n aankondiging deur die Sol Plaatje Munisipaleteit dat 'n Watersluiting van 6 uur die 21 ste April tot 6 uur die aand van 23 April vanjaar weens herstelwerk aan die stad se waternetwerk geimplimenteer gaan word. Die Stad se Woordvoerder Thoko Riet se swerfwatertenke en Jojo tenke sal ingespan word om water te voorsien terwyl die Riverton en Newtown watersuiwerings aanlegte voor die implimentering van die waterstilstand gevul gaan word. Riet se die afsluit van die watertoevoer is nodig om herstelwerk langs die geafekteerde pyplyn te verseker en vout opsporing deur die slimball lekopsporingstelsel moontlik te maak. Die Sol Plaatje Munisipaleteit het 2 miljard rand van die Nasionale Departement van Water en Sanitasie asook die Tesourie ontvang wat hoofsaaklik vir Infrastruktuur en die verbetering van watergehalte en waterlekasies se herstel gebruik gaan word. Die Operasie word volgens Riet deur die Begrotingsfonds Infrastruktuur program van stad Kimberley met die hulp van die Nasionale Departement van Water en Sanitasie en die Tesourie moontlik gemaak en sal oor 'n tydperk van 7 Jaar geimplimenteer word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media