Die valke in die noordkaap het die publiek se hulp gevra in die opsporing van goue en silwer stawwe wat sedert November 2022 soek is na dit van die witsloot plaas in vosburg gesteel is. Nomtandazo mnisi van die valke se die eienaars is deur vier mans in hulle huis oorval en van die goud en silwer ter waarde van minstens 40miljoen rand beroof asook n geweer. N gewapende roofsaak word tans ondersoek. Mnisi se die publiek moet indien iemand enige inligting het oor die voorval of genader of bewus is van persone wie die goue en silwer stawwe wil van die hand sit nie skroom om met die raporteer daarvan die hand van die gereg te sterk nie. Sy se die publiek kan die naaste polisie of wetstoepasings agentskap inkennis stel
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za