Laer fases beurtkrag

Eskom begin weer vandag om stelselmatig hoër beurtkragfases in stel. Fase-2-beurtkrag het vyfuur vanoggend begin en geld tot vieruur vanmiddag. Daarna word Fase-3-beurtkrag tot moreoggend toe ingestel. Dinsdag en Woensdag sal Fase-1 bedags geld, en Fase-twee in die aande tot Donderdagoggend. Volgens die elektrisiteitsvoorsiener, lei beplande instandhouding tot ‘n opwekkingsverlies van sowat sesduisend-100 megawatt, terwyl onbeplande foute by opwekkingseenhede ‘n opwekkingsverlies van sowat 15-duisend-700 megawatt veroorsaak.inwoners word gevra om gedurende beurtkrag alle kragpunte as kragdraend te beskou en alle nie noodsaaklike toestelle van kragpunte te verwyder

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media