Ontdekking gemaak

Wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch het die wêreld se oudste bewoonde rysmierhope langs die Buffelsrivier in die Namakwaland gevind. Die rysmierhope wat sowat 34- duisend jaar oud is, word as ‘n buitengewone deurbraak in die navorsing beskou. ‘n Senior navorser in Grondwetenskap in die Fakulteit Landbouwetenskap, Michele Francis sê met dié ontdekking kan wetenskaplikes beter begrip kry van wyses om klimaatsverandering te bekamp deur die natuur se eie prosesse van koolstofberging. Sy sê die ontdekking bewys net weer die noodsaaklikheid van natuurbewaring aangesien rysmiere reeds duisende jaar ‘n invloed op die omgewing het en noodsaaklik is vir voortbestaan. Die rysmierhope is die oudste aktiewe hope wat nog gevind en gedateer is by wyse van organiese en anorganiese koolstof.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media