Psigiatriese hospitaal gemors se pa

Kimberley se psigiatriese hospitaal van byna R2 miljard is nou sonder elektrisiteit terwyl ontlasting op die vloere dryf weens stukkende toilette en badkamers.Sharifa Ferris van die Patriotic Alliance het die hospitaal verlede naweek besoek en was skaam oor die toestand waarin pasiënte gedwing word om te leef. sy se die eerste opmerking met ingangs is dat daar niemand teenwoordig is nie. badkamers en toilette is in ’n skokkende toestand en van geen nut vir pasiënte nie, omdat niks werk nie. Storte en badkamers is uiters vuil. Die toilette werk nie weens rioolprobleme binne die hospitaal wat nie reggemaak is nie se sy Die hospitaal het nie elektrisiteit nie weens vandalisme by ’n substasie en hul kragopwekker is stukkend. “Die pasiënte slaap met net een dun kombers of ’n laken sonder enige verhitting. Dit is die afgelope agt maande al so en dit was veronderstel om maande gelede al reggemaak te word.” Die kragopwekker is net vir ’n sekere getal ure bedags aan, of hulle het nie genoeg diesel om dit aan te vul nie..Omdat die toilette verstop is, word die badkamergeriewe nie gebruik nie. Die pasiënte moet van ’n emmer gebruik maak om te was, ook om toilet toe te gaan. Daar is ongeveer tien pasiënte per saal en dit lyk of die aangrensende sale ook dieselfde moet doen,” sê Ferris. Talle personeellede het ook by die bestuur gekla, maar hul klagtes val op dowe ore. Hulle het sedertdien hul kwessies na verskillende mediahuise soos die plaaslike koerant en TV geneem om die aandag van iemand te probeer kry om hulle by te staan. “Ek dink wel die hospitaal moet gesluit word. Van ons kant as die Patriotic Alliance gaan ons beslis ’n klag by die Menseregtekommissie indien.” Die party sê hy kry skenkings en komberse vir die pasiënte, maar hulle probeer om antwoorde by die hospitaalbestuur en LUR oor die situasie te kry. Die Departement van Gesondheid gaan glo binnekort die kwessies ondersoek. Virus-free.www.avast.com

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media