Weer

Die Suid Afrikaanse weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir toestande bevorderlik vir wegholveldbrande in beide die sentrale en noordelike dele van die Noordkaap en Kannaland in die Weskaap. Bewolk en warm langs die kus met miskolle andersins gedeeltelik bewolk en baie warm tot uiters warm met enkele donderbuie in die sentrale en suidoostelike dele van die Noordkaap. 'N uitermatige 38 grade word vir Upington voorspel gevolg deur 31 in Kimberley 23, aan die kus by Alexanderbaai en 29 grade by Sutherland. Die weerdiens waarsku inwoners teen hitte uitpitting en versoek kleinvee boere om beskitting vir diere te verseker.

Journalist: Nonkululeko Zikhali
Email: news@radioriverside.co.za

Social Media