watertekort in stad kimberley bly uitdaging

Die Sol Plaatjie Munisipaliteit het Dinsdag dag- en nagwateronderbrekings verleng weens die huidige hittegolf wat die stad verskroei en lae watervlakke by Newton Reservoir. Wateronderbrekings sal nou van middag tot 17:00 en van 20:00uur die aand tot 05:00 plaasvind. Die stad se bestuurder Thapelo Matlala, sê die Newton Reservoir het 'n opgaarkapasiteit van 261 megaliter en bestaan ​​uit 102-, 91-, 45- en 23-megaliter reservoirs wat laag tot leeg is. Hy sê dat die lekkasies in die hooftoevoerpypleidings die produksietekort verder vererger, wat lei tot onvoldoende voorraad. Die munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners om nie hul tuine nat te lei nie en om water slegs vir verbruik en ander kritieke gebruike te reserveer. Die gemeenskap word aangemoedig om waterbesparende gewoontes aan te neem. Dit sal verseker dat water wat in die reservoirs ingepomp word vlakke kan bereik wat genoeg druk genereer om alle areas van Kimberley te voorsien.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media