Sol plaatje gee afslag op rekeninge

Die Sol Plaatjie Munisipaliteit in die Noordkaapse hoofstad Kimberley het kliënte 'n afslag van tot 50 persent aangebied as 'n aansporing om hul munisipale skuld gedurende Februarie maand te vereffen. Die Munisipale woordvoerder Thabo Mothibi sê kliënte wat die munisipaliteit vir meer as 90 dae skuld en hul rekening ten volle vereffen, sal geregtig wees op 'n 50 persent skikkingskorting op alle munisipale dienste met alle rentekoste wat in die geval van 'n algehele verefening van die rekening afgeskryf gaan word. Hy sê kliënte wat hul rekening ten volle oor drie jaar wil vereffen, sal egter 30 persent vooruitbetaling moet betaal. Mothibi sê ook dat Kliënte wat die munisipaliteit skuld vir 'n tydperk gelykstaande aan of meer as 90 dae sal in die eerste jaar van die reëling geregtig wees op 'n 50 persent afskrywing op alle rentekoste en 25 persent op tariewe. terwyl diegene wie n eenmalige 30 persent betaling maak om rekenings te vereffening volgens die skuldverligtingsprogram 'n 25 persent afskrywing van alle rentekoste en -koerse gebied word gedurende die tweede jaar van die betalingsreëling, met dien verstande dat die rekening ten volle op 'n maandelikse basis betaal word vir die hele tweede jaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media