Hittegolf toestande duur voort

Hoe wegholveldbrand waarskuwings duur steeds in beide die Noord en Wes Kaap voort met temperature wat die afgelope twee weke hoog bly. Die weerdiens waarsku dat die huidige hittegolf steeds gaan voortduur met uitmergelende warm toestande veral oor die grootste deel van die Ooskaap en die Weskaap. In die Noordkaap provinsie waar sterftes weens hitte uitputting reeds voorgekom het word inwoners gemaan om bloodstelling aan direkte sonlig te vermy. Skolliere asook bejaardes word aangemoedig om bedeking teen die son te dra en ten alle koste sonlig te probeer vermy. Warm winderige toestande wat in die geval van die maak van vure tot wegholveldbrande kan lei word tans in die ZF Mgcawu streek by Upington ervaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media