paulus saak in keimoes hof

Die verdagte Gerswin Van Rooyen in die moordverhoor van Verona Paulus van Lennertsvile wie na bewering in Junie 2023 wreed vermoor is verskyn tans in die landroshof in Keimoes, na die saak die afgelope Vrydag uitgestel was. Verskeie gemeenskaps lede van Lennertsviulle buite Keimoes waar die oorledene woonagtig was asook nie regerings organisasies woon die verigtinge by. Verona Paulus se gru moord het die gemeenskap geruk en oproepe om swaarder strawwe word vanuit verskillende oorde gemaak na soortgelyke voorvalle waarin jong meisie gruwelik vermoor was reeds in die regsgebied voorgekom het. Die ma van die oorledene Veronica Paulus het ons redaksie meegedeel dat haar wens steeds bly dat geregtigheid in die verhoor sal geskied en dat gemeenskappe in die streek beter beskerming gaan bied vir hulle vroue en kinders. Sy sê ook, die verdagte moet geen borgtog toegestaan wort nie....INSERT (LENNERTSVILLE)

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media