Bedrieers vas

Die misdaad voorkomings taakspan van die Suid Afrikaanse Polisie Diens by Botshabelo het twee bedrieers inhegtenis geneem op klagtes van bedrog en diefstal. Volgens die polisie het die twee bejaardes wie pensioen van dienstasies en winkelsentrums ontrek het geteiken. Die polise sê 'n wit Hyundai sedan wat van 'n huurmaatskapy gehuur is, is gebruik terwyl die verdagtes slagoffers by OTM masiene genader het en hulp aangebied het en so vanuit hulle geld geswendel het. Slagoffers het dan daarna bewus geraak dat hulle besteel is. Verskeie sake is geopen en ondersoek het gelei tot die inhegtenisname van die twee mans 27 en 33 jaar onderskeidelik.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media