vermiste vrou se lyk gekry

Polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen ná die ontdekking van 'n vermiste vrou se liggaam in 'n oop stuk veld naby Beloofde Land, Phuthanang.Sersant Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê die liggaam van 'n vrou tussen die ouderdomme van 30 en 40 jaar oud is op 29 September in 'n vlak graf deur 'n skaapwagter ontdek. Sam het bygevoeg die vrou, wat van Platfontein is, is op 20 Oktober as vermis by haar huis aangemeld. Die lyk is volgens Sam deur 'n skaapwagter ontdek wat op 'n lyk na 'n menslike liggaam gestruikel het wat in 'n vlak graf versteek was en die polisie dadelik in kennis gestel het. Sam sê, die polisie ondersoek die omstandighede wat tot dié ontdekking gelei het. Die polisie het enigiemand wat moontlik inligting het wat kan help met die ondersoek van die saak en die opsporing van die oortreder/s versoek om die ondersoekbeampte of die naaste polisie te kontak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media