Boesmanland fotograaf maak opslae

Die 21-jarige fotograaf Sue-Relle Maasdorp, van die klein Noord-Kaapse dorpie Aggeneys, het die eerste plek gekry nadat sy 'n multimedia-vaardigheidsontwikkelingsprogram voltooi het, wat ontwerp is om die jeug in die gemeenskap te bemagtig. Die jaar lange program word deur die plaaslike Aggeneys Solar- en Konkoonsies II-sonkragaanlegte befonds en deur Phanda Studios gefasiliteer. Die program het nie net werklose jeugdiges opgelei nie, maar het ook klein besighede in die multimedia-ruimte 'n hupstoot gegee. Die talentvolle Maasdorp is nou daarop gefokus om haar eie multimedia-onderneming te registreer, terwyl sy aktief saamwerk met ander kreatiewe mense van die omliggende area en hulle die geleentheid bied om saam met haar te werk aan vryskutfotografie en videografie werke. Sy het daarop gewys dat die samewerking die jeug 'n geleentheid sal bied om 'n inkomste te verdien en waardevolle ondervinding op te doen. Maasdorp het gesê die onlangs voltooide program was werklik lewensveranderend vir haar en sy kon ook die ingesteldheid van haar gemeenskap verander. Die program het bestaan uit vyf deelnemers wat die gemeenskappe van Aggeneys, Witbank, Pofadder, Pella en Onseepkans verteenwoordig het. Die deelnemers is geëvalueer op hul vordering, motivering en toewyding aan die program.Die pryse wat deur Maasdorp gewen is, sluit in 'n omvattende videografie-stel wat 'n hibriede kamera, video-statief, videoligte, video-redigeer-rekenaar, muis, sagteware, mikrofone, geheuekaart, hardeskyf en redigering-headset bevat.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media