Betaal punte vanmiddag gesluit

Die Dawid Kruiper munisipaleteit se inwoners moet kennis neem dat betaalpunte by die munisipale hoofkwartier vanmiddag twee dertig vir die publiek gesluit gaan wees. Die woordvoerder Patrick Williams se inwoners moet dan van die Easypay betaalpunte gebruik maak, vir die betaal van rekeninge en aankoop van elektrisiteit. Hy se die munisipaleteit sal weer maandag alle betalingspunte in volle swang he en het inwoners aangemoedig om vir hulle munisipale dienste te betaal. Williams se ook motoriste moet versigtig bestuur in die sentrale sakekern waar werkers besig is om padmerke aan te bring om die vloei van verkeer en die rigting aanwysings vlot te laat verloop. Hy se spanne is besig om te verseker dat motoriste maklik en sonder uitdagings in die dorpsgebied op paaie kan beweeg.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media