lewensgevaarlike infrastruktuurkwessies by Hoërskool Homevale in Kimberley.

# Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap het gesê hy is bekommerd oor die moontlike lewensgevaarlike infrastruktuurkwessies by Hoërskool Homevale in Kimberley. Die party het die LUR vir Onderwys versoek om ‘n vergadering met belanghebbendes te reël om hierdie kwessies aan te spreek. Die DA se Delmaine Christians het gesê dat een van die vele kritieke bekommernisse is dat die skool uitmekaar val en dus nie ‘n bevorderlike omgewing vir leer is nie. Christians sê die erns van die situasie is hoog, aangesien steigers tans loopgange tussen klaskamers ophou.