Pa en seun skuldig

’N pa en sy seun is in die Springbok-streekhof gevonnis vir hul aandeel in die aanranding en moord op ’n man op Kersdag. Die voorval het plaasgevind toe twee van die beskuldigdes, Vincenzo van Reenen (20) en Tyron Rhoda (20), op Kersdag 2021 saam met vriende gesit en drink het. Woortvoerder vir die Nationale Vervolgingsgesag Mojalefa Senokoatsane Patrick is tot drie jaar ten volle opgeskort vir vyf jaar gevonnis op voorwaarde dat hy nie aan 'n soortgelyke misdaad skuldig bevind word nie, nadat hy skuldig gepleit het aan aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy het erken dat die oorledene onskuldig was. Vincenzo en Rhoda is elk tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig gepleit het op die moord op Saal. Hulle is ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media