Rolstoel rugby toernooi binnekort

Die Assosiasie vir Persone met Gestremdhede (APD) in samewerking met die Mustang Rolstoel Klub  is van mening om weer vanjaar die rolstoel rugby toernooi van stapel te stuur op 22 Junie. Elmarie Hoft, area direkteur vir die ZF Mgcawu en Namakwaland distrikte sê die toernooi was die eerste keer aangebied in 2019 waarby 'n skamele 4 na 5 spanne deelgeneem het. Sy sê die toernooi was tot halt geroep met die uitbreek van COVID en die nadraai daarvan, en was dit eers weer in 2023 aangebied met 13 spanne wat deelgeneem het. Hoft sê die toernooi is 'n  bewusmakings geleentheid in sport vir persone met gestrendhede  en sonder gestremdheid om mekaar die stryd aan te sê waartydens rugby met die grootste passie gespeel word. Hoft sê 20 spanne sal vanjaar deelneem aan die toernooi. Insert -  HoftHoft sê sodra die assosiasie genoegsame rolstoele het om rugby te speel is hulle van mening om die gemeenskap in te vaar en persone met gestemdhede die geleentheid te bied om mekaar die stryd aan te sê..

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media