Sapd kominikasie luitenant Sergio kock waarsku oor valse boodskappe

Die Suid Afrikaanse polisie in Kakamas weerle sosiale media berugte dat die brug tussen Kakamas en Keimoes besig is om mee te gee. Kaptein Nelis Prins se die water styg steeds en moniterings spanne hou deurentyds die watervlakke dop. Hy se die brug is nie vir verkeer gesluit nie asook geen probleme tussen Kakamas en dorpe laer stroom af word ervaar nie. Die Suid Afrikaanse polisie het bymone van luitenant kolonel Sergio Kock gewaarsku dat die verspreiding van valse boodskappe veral op sosiale media onnodige paniek onder inwoners saai en dat dit uiters onverantwoordelik van inwoners is wie die boodskappe versprei. Hy se die onverantwoordelike gedrag kan tot vervolging lei wat in gevangenisstraf kan opeindig en maan inwoners om die verspreiding van valse inligting onmiddelik te staak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media